Nersa registreer meer as 100 hernubare energie- opwekkingsfasiliteite
- Saamgestel deur Ilde Roos

- 1 hour ago
- 1 min read
Die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika (Nersa) het gedurende die eerste kwartaal van die 2026-’27-boekjaar 124 hernubare energie- opwekkingsfasiliteite geregistreer.
Die sonkrag- en windprojekte het ’n gesamentlike kapasiteit van 804 megawatt en ’n geraamde beleggingswaarde van R20,1 miljard. Die registrasies sluit in 122 sonkragfasiliteite met ’n kapasiteit van 236 megawatt en twee windprojekte met ’n gesamentlike kapasiteit van 568 megawatt.
Nersa sê die fasiliteite is binne gemiddeld 10 werksdae verwerk.
Volgens Nersa sal die nuwe projekte Suid-Afrika se opwekkingskapasiteit uitbrei, energiesekerheid versterk en die land se oorgang na hernubare energie ondersteun.








Comments