top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Samwu verwerp Eskom se oorname van elektrisiteitsverspreiding

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • 1 day ago
  • 1 min read

Die munisipale vakbond Samwu het in ’n sterk bewoorde verklaring Eskom se oorname van sukkelende munisipaliteite se elektrisiteitsverspreidingsfunksie, asook die metodes wat gebruik word om sogenaamde verspreidingsooreenkomste op hulle af te dwing, verwerp.


Dié ooreenkomste behels dat Eskom die volledige elektrisiteitsverspreidingsfunksie van munisipaliteite wat groot bedrae aan hom skuld, teen ’n fooi oorneem. Maroela Media berig verbruikers se betalings vir elektrisiteit word aan Eskom gemaak. Eskom hou dan die bedrag vir grootmaataankope en ander munisipale funksies terug, en betaal die oorblywende bedrag aan die munisipaliteit uit.


Een van die munisipaliteite wat so 'n ooreenkoms met Eskom het, is Maluti-a-Phofung in die Vrystaat.


Rosestad-nuus se Riaan Schoeman verduidelik verder die munisipale vereniging Salga het ook sy kommer oor dié ooreenkomste uitgespreek, en die nasionale tesourie het vroeër gesê die ooreenkoms is eensydig in Eskom se guns.


LUISTER HIER:


Riaan Schoeman


Ter illustrasie. FOTO: Daily Maverick
Ter illustrasie. FOTO: Daily Maverick

 
 
 

Comments


bottom of page