top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Daar word oor die omstrede begroting vergader

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Feb 24, 2025
1 min read

Die kabinet vergader oor die begroting wat verlede week in die parlement ter tafel gelê sou word, maar Woensdag op die laaste nippertjie gekanselleer is. Maroela Media berig die konsepbegroting het voorgestel dat belasting op toegevoegde waarde (BTW) met twee persentasiepunte verhoog word, om sodoende meer inkomste vir die staat te genereer. ’n Regeringswoordvoerder wou aanvanklik nie bevestig of kabinetslede oor die begroting vergader nie, aangesien die agenda van die kabinet as hoogs geheim geklassifiseer word. ’n Onberispelike bron het wel aan Maroela Media bevestig die 2%-verhoging in BTW is onder bespreking.

 
 
 

Comments


bottom of page