top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Daar word steeds na die meesterbrein agter die moord op 'n voormalige Centlec-baas gesoek

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Jul 31
  • 1 min read

Die polisie soek steeds na die vermeende meesterbrein agter die moord op die voormalige Centlec-hoof, Andries Mgoqi.


Volgens Nova News glo die polisie die persoon het twee mans betaal om die moord in Februarie verlede jaar uit te voer.


Polisiewoordvoerder, sersant Mahlomola Kareli, sê die ondersoek het bevind dat die twee veroordeeldes altesaam R90 000 vir die sluipmoord ontvang het.


Nkwebe Seatile en Tlotlisang Monyane is vroeër die maand elk tot lewenslange tronkstraf gevonnis nadat hulle skuldig bevind is aan moord, poging tot moord en aanranding met die opset om ernstig te beseer.


Kareli sê die ondersoek na die vermeende meesterbrein duur voort.


Ter illustrasie. FOTO: EWN
Ter illustrasie. FOTO: EWN

 
 
 

Comments


bottom of page