Daar word teen verdere belastingverhogings gewaarsku
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Nov 24
- 1 min read
Die Nasionale Tesourie waarsku teen verdere belastingverhogings op welgestelde Suid-Afrikaners.
Amptenare meen daar moet eerder daarop gefokus word om skuiwergate wat belastingontduiking moontlik maak uit die weg te ruim.
Die tesourie-adjunkdirekteur-generaal, Chris Axelson, het LP’s meegedeel dat beter nakoming by die Suid-Afrikaanse Inkomstediens meer inkomste as tariefverhogings kan lewer.
Hy beklemtoon dat Suid-Afrika reeds een van die wêreld se mees progressiewe belastingstelsels het, met die top 12.3% belastingbetalers wat meer as 60% van persoonlike inkomstebelasting dra.






Comments