top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Dagga is glo in De Brug-soldate se sorgpakkies gevind

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Jul 19
  • 1 min read

Kwarantynmaatreëls by die De Brug Mobilisasiesentrum buite Bloemfontein is verskerp.


Dit nadat dagga glo in sorgpakkies gevind is wat deur familielede vir soldate afgelewer is.


Rapport berig twee pakkies aartappelskyfies het glo elk 'n pakkie dagga bevat. 'n Koek is glo ook ondersoek.


Verder is 'n stuk van die kamp se heining glo oopgeknip sodat pakkies aan soldate oorhandig kon word.


Leë en halfvol drankbottels is ook gekonfiskeer, aangesien die kamp as 'n "droë" kamp verklaar is.


Die soldate is tans in 'n verpligte kwarantyn van 21 dae ná hul terugkeer uit die DRK. Hulle het die afgelope week oor die toestande by De Brug gekla, terwyl die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermagunie die hooggeregshof genader het om die kwarantyntydperk op te skort.


FOTO: Rapport
FOTO: Rapport

 
 
 

Comments


bottom of page