Dak van Dominikaanse nagklub het tydens konsert ineengestort
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Apr 9, 2025
- 1 min read
Minstens 18 mense is dood en meer as 120 is beseer toe die dak van ’n nagklub in Santo Domingo, die hoofstad van die Dominikaanse Republiek, ineengestort het. Fox News berig reddingswerkers soek steeds na moontlike oorlewendes tussen die puin van die Jet Set-nagklub. Volgens die hoof van die Sentrale Noodoperasiesentrum glo owerhede sommige mense is steeds lewend. Die Dominikaanse sanger Rubby Pérez, wat Dinsdagoggend tydens die ongeluk opgetree het, is beseer. Sy bestuurder sê die dak het sowat ’n uur ná die konsert begin het, ineengestort. Die land se president, Luis Abinader, sê reddingspogings duur voort en beskryf dit as ’n tragiese voorval.






Comments