top of page

DANS: Vier jong dansers van Bloemfontein is gereed vir ’n internasionale uitdaging

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Feb 9
  • 1 min read

Vier jong dansers van Bloemfontein maak gereed vir een van die grootste uitdagings van hul loopbane.


Nadine Koorzen (13), Deane Koorzen (16), Winley van Greunen (14) en Winnay van Greunen (18) is gekies om Suid-Afrika internasionaal te verteenwoordig tydens ’n gesogte kompetisie van 16 tot 20 Maart 2026.


Die kompetisie sal aan boord die MSC Galaxy of the Ocean plaasvind.


Die keurings volg op ’n reeks sterk prestasies op provinsiale en nasionale vlak, waar die viertal hulself teen die land se bestes bewys het.


Volgens Chantell Hewitt van die Chantell Hewitt Academy of Dance in Bloemfontein is die dansers opgewonde om hul vaardighede op die internasionale verhoog ten toon te stel en Suid-Afrika met trots te verteenwoordig.


FOTO: Verskaf
FOTO: Verskaf

Comments


bottom of page