top of page

Daybreak-werkers se salarisse is betaal

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Jul 18, 2025
  • 1 min read

‘n Ooreenkoms met vakbonde is bereik oor Daybreak Foods-werkers se salarisse. Dit volgens die Openbare Beleggingskorporasie (OBK) se hoofbeleggingsbeampte, Kabelo Rikhotso. Hy het die parlement se Staande Komitee oor Openbare Rekeninge ingelig oor die maatskappy se bestuurs- en beleggingsaangeleenthede. Meer as 100 werknemers het verlede week buite die pluimveeprodusent se Delmas-fasiliteit in Mpumalanga betoog weens maande se onbetaalde of gedeeltelik betaalde salarisse. Rikhotso sê die OBK het verlede week ‘n bykomende R150 miljoen rand belê om die sakereddingsproses toe te laat en daardie uitstaande salarisse te betaal.

 
 
 

Comments


bottom of page