De Beers staak produksie

Jul 14
1 min read
De Beers gaan produksie by Suid-Afrika se grootste diamantmyn vir die volgende twee jaar staak om koste te besnoei.
Maroela Media berig die besluit volg te midde van moeilike handelsomstandighede in die wêreldwye diamantbedryf.
Die Venetia-diamantmyn in Limpopo lewer meer as 40% van Suid-Afrika se jaarlikse diamantproduksie en bied werk aan sowat 4 400 mense.
De Beers sê die maatskappy herskeduleer ook kapitaalbesteding aan die myn se ondergrondse uitbreidingsprojek terwyl hy aanpassings maak om die onderneming se langtermyn-volhoubaarheid te versterk.









Comments