top of page

De Brug: 'Amerika sal nie gelukkig wees nie'

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Nov 13
  • 1 min read

Die Chinese regering se betrokkenheid by die herontwerp en bou van die weermag se mobilisasiesentrum op De Brug buite Bloemfontein laat vrae ontstaan oor wat die motief daarvoor is.


Verder is die betrekkinge tussen Suid-Afrika en Amerika reeds op ’n “absolute laagtepunt” en diplomatiek gesproke is die Chinese projek ook nie goed daarvoor nie.


Netwerk24 berig 'n kenner van die internasionale politiek verbonde aan die Universiteit van die Vrystaat (UV), Theo Neethling, sê dit is nie die eerste geval van Chinese betrokkenheid by die weermag nie. Hy sê hy is bewus van ander projekte wat in die verlede onderneem is.


Hy beweer die VSA sal nie hiermee tevrede wees nie, en dis net verdere water op die meul van swak betrekkinge tussen ons en die Amerikaners.


Bouwerk aan Projek Zingisa op De Brug sal in 2026 begin.


FOTO: Netwerk24
FOTO: Netwerk24

Comments


bottom of page