top of page

De Lille is onder skoot

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Sep 3
  • 1 min read

Die minister van Toerisme, Patricia de Lille, is ná bewerings in die parlement onder skoot. Voormalige SA Toerisme-raadlede het haar direk daarvan beskuldig dat sy waarskuwings oor die uitvoerende hoof Nombulelo Guliwe geïgnoreer het. Dít ondanks beskuldigings dat hy R4.1 miljoen  vermors het. Hulle beskuldig De Lille daarvan dat sy die raad ontbind het om Guliwe teen aanspreeklikheid te beskerm. Die DA se woordvoerder oor Toerisme in die parlement, Haseena Ismail, sê hulle eis antwoorde en sal ’n PAIA-aansoek indien om verslae en kommunikasie rakende die skandaal bloot te lê.

 
 
 

Comments


bottom of page