top of page

De Lille verseker toeriste van veiligheidsplanne

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • 23 hours ago
  • 1 min read

Terwyl verskeie lande reisadvies uitgereik het wat hul burgers oor misdaadbrandpunte in Suid-Afrika waarsku, het die minister van toerisme, Patricia de Lille, aangekondig dat planne in plek gestel is om enige veiligheidskwessies vir toeriste hierdie feestyd aan te pak.


Volgens De Lille het haar departement meer as 200 toerismemonitors na die Grensbestuursowerheid ontplooi om veiligheid by grense te help verhoog.


Aangesien die land se hoë misdaadsyfers ook plaaslike inwoners raak voeg sy by dat die fokus nie net tot toeriste beperk is nie.


Voglens die minister toon die reisadvies van verskeie lande dat meer gedoen moet word om misdaad in Suid-Afrika te bestry.


Ter illustrasie. FOTO: Wix
Ter illustrasie. FOTO: Wix


Comments


bottom of page