De Lille verwelkom sterk toerismegroei
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Jul 31
- 1 min read
Die minister van Toerisme, Patricia de Lille, sê Suid-Afrika se toerismesektor toon steeds veerkragtigheid en volgehoue groei.
Sy sê Suid-Afrika het meer as 5.5 miljoen internasionale toeriste gedurende die eerste ses maande van die jaar verwelkom.
Dit verteenwoordig ’n toename van 12.3% in vergelyking met dieselfde tydperk verlede jaar.
De Lille se woordvoerder, Aldrin Sampear, sê meer as 820 000 internasionale toeriste het die land verlede maand alleen besoek.
Hy sê die regering bly daartoe verbind om die land as ’n bestemming van keuse vir ontspanning en korporatiewe reise te posisioneer.








Comments