top of page

Deborah Patta kry die trekpas by CBS News

  • Writer: Ilde Roos
    Ilde Roos
  • Nov 3
  • 1 min read

Skaars twee maande nadat ’n bekroonde Suid-Afrikaanse TV-joernalis, Debora Patta, ’n nuwe kontrak met ’n Amerikaanse TV-netwerk gesluit het, het sy die trekpas gekry.


Netwerk24 berig sy win glo regsadvies in nadat die TV-netwerk CBS News haar kontrak beëindig het. Sy is een van ongeveer 100 werknemers van CBS News wat hul pos kwyt is te midde van kostebesnoeiing, alhoewel The Independent berig Patta is vooraf meegedeel dat sy “veilig” is en nie uit diens gestel sou word nie.


Sommige het bespiegel dat Patta afgedank is in die nadraai van omstredenheid oor ’n onderhoud met die VSA se ambassadeur na Israel, Mike Huckabee.


Die voorsitter en uitvoerende hoof van CBS News se moedermaatskappy Paramount Skydance, David Ellison, sê die besnoeiings word gedoen weens “oortolligheid in sommige gebiede” en ’n besluit om “rolle uit te faseer wat nie meer in die pas is met ons ontwikkelende prioriteite nie”.


Deborah Patta. FOTO: Netwerk24
Deborah Patta. FOTO: Netwerk24

 
 
 

Comments


bottom of page