Deel van ‘n Bloemfonteinse hoërskool is deur ‘n brand verwoes
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Aug 10
- 1 min read
Die derde brand in net meer as vyf jaar by die Dr. Blok Sekondêre Skool in Heidedal het die keer ‘n waskamer en pakkamer vernietig. Bloemnuus berig volgens die afdelingshoof van die Mangaung-brandweer-en-reddingsdiens, Braam van Zyl, het twee brandweerwaens en tien brandweerpersoneel 13 minute na ‘n noodoproep ontvang is, by die toneel opgedaag. Hy voeg by hy het groot lof vir die samewerking van die Heidedal-buurtwag wat gehelp het om die kinders te ontruim en plek te maak vir die brandweervoertuie. Van Zyl sê dit was ‘n asbes-gebou wat gebrand het en niemand is in die brand beseer nie. Dié brand volg op ‘n vorige brand in Junie 2022 toe 56 leerlinge inderhaas uit die koshuis by dié skool ontruim moes word en hul klere en besittings in die brand vernietig is. Op 11 Januarie 2019 is ‘n deel van die koshuis ook in ‘n brand verwoes.





Comments