Deel van ‘n vrou se liggaam is in Heidedal gevind
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Sep 13
- 1 min read
Die Heidedal-polisie het 'n ondersoek van stapel gestuur na hulle ‘n deel van ‘n vrou se liggaam in 'n vervalle gebou gevind het. Die liggaam wat gedeeltelik onder water was, is deur twee kinders ontdek wat langs die gebou gespeel het. Polisiewoordvoerder, Sersant Mahlomola Kareli, sê in ‘n mediaverklaring as gevolg van die moeilike toestande is die Bloemfonteinse Duik- en Reddingseenheid na die toneel gestuur om te help. Die slagoffer is met veelkleurige leggings en 'n enkele Soviet-tekkie aan haar linkervoet gevind. Die polisie poog om die water uit die gebou te dreineer in die hoop om die vermiste deel van die liggaam op te spoor. 'n Geregtelike doodsondersoek is geopen en 'n deeglike ondersoek is aan die gang.





Comments