top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Deense misdadiger Peter Frederiksen in BFN dood

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Sep 18, 2024
1 min read

Die Deense Peter Frederiksen, wat sedert 2018 twee lewenslange vonnisse in die Mangaung gevangenis uitgedien het, is dood. Frederiksen, wat twee wapenwinkels in Bloemfontein besit het, is aan 36 oortredings, insluitend die vervaardiging van kinderpornografie skuldig bevind toe hy op aanklagte van onder meer seksuele aanranding, intimidasie en gesinsgeweld, tereg gestaan ​het. Hy is in die hospitaal dood nadat hy glo ineengestort het, terwyl beamptes die selblok waar hy aangehou is, deursoek het. ’n Taakspan is gestig om ondersoek in te stel en die voorlopige uitslag van die lykskouing het getoon dat hy weens natuurlike oorsake oorlede is.

 
 
 

Comments


bottom of page