top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Dele van Bfn kan sonder krag wees

Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 14
1 min read

Aangesien die beplande kragonderbreking van Centlec nie op 8 Oktober plaasgevind het nie, word dit nou vir 15 Oktober beplan.


Centlec sê in 'n plasing op sosiale media dele van Pellissier, Fichardtpark en omliggende gebiede kan van 08:00 tot 16:00 geaffekteer word.


Die onderbreking is nodig vir instandhouding en herkonfigurasie van die elektrisiteitsnetwerk.


Nie alle strate sal noodwendig geraak word nie, en krag kan enige tyd gedurende die onderbreking sonder waarskuwing herstel word. Inwoners word aangeraai om vooraf voorsiening te maak vir die moontlike onderbreking, en alle elektriese installasies as lewendig te beskou.


Die volgende areas kan moontlik geraak word:


  • Pellisier,

  • Dele van Fichardtpark,

  • Rosepark-hospitaal,

  • Langenhovenpark,

  • Dele van Universitas,

  • Spitskop-kleinhoewe,

  • Dele van Groenvlei,

  • Bainsvlei,

  • Moowater,

  • Spitskop,

  • Arcadia,

  • Waterbron,

  • Oranjesig,

  • Sophieshoogte,

  • Kenilworth, en

  • Tempe.


Ter illustrasie. FOTO: AcionSA
Ter illustrasie. FOTO: AcionSA

 
 
 

Comments


bottom of page