top of page

Dele van Bloemfontein sonder water weens 'n gebarste pyp

  • Writer: Armando Pieters
    Armando Pieters
  • Aug 21
  • 1 min read

Groot dele van die suide van Bloemfontein is sonder water nadat die pyp wat water van die Welbedachtdam tot by die Brandkop-reservoir voer, gebars het. Pellissier en Fichardtpark is grootliks sonder water.

DA-wyksraadslid van dié woonbuurte, Paul Kotze, verduidelik aan Bloemnuus die wateronderbreking het gister gebeur, kort nadat onderhoudswerk aan die stelsel gedoen is.

Inwoners het kennisgewings ontvang dat die onderhoudswerk 36 uur kan duur, maar omdat die reservoirs vol was, het daar geen onderbrekings tydens die geskeduleerde herstelwerk voorgekom nie.

Hy sê toe die water begin vloei het, het die groot invoerpyp om ongeveer 14:00 naby Dewetsdorp gebars.

Aangesien die reservoirs reeds leeg geloop het tydens die herstelperiode, het krane vinnig begin leeg loop.

Kotze sê die beskadigde pyp is intussen oopgegrawe en die watervlak het gesak sodat die herstelwerk kan begin.

 
 
 

Comments


bottom of page