top of page

Delmas-verdagte vas moonlik ook oor Bloemfonteinse aanklagte

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Dec 18, 2024
  • 1 min read

'n Manlike verdagte is in Delmas in hegtenis geneem na berigte van beweerde bedrog by 'n drankwinkel. Volgens ʼn polisieverklaring is 'n onbekende bedrag kontant bedrieglik verkry. Die verdagte het glo die stelsel gemanipuleer deur bedrieglike besonderhede vir betalings te verskaf. Na 'n deeglike ondersoek deur die polisie in Delmas, is die verdagte in hegtenis geneem. Voorlopige ondersoeke het die verdagte gekoppel aan 'n soortgelyke bedrogsaak in Cloetesville (Wes-Kaap) en Parkweg (Bloemfontein). Die polisie sluit nie die moontlikheid van addisionele aanklagte uit nie namate die ondersoek vorder.

 
 
 

Comments


bottom of page