top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Deneysville-inwoners ontruim hul huise

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Apr 7, 2025
  • 1 min read

Sommige inwoners van die Vrystaatse dorpie Deneysville wat langs die Vaalrivier woon, is besig om hul vee en ander belangrike persoonlike besittings te vewyder. Dit na ‘n ontruimingsbevel uitgeryk is en ‘n vyfde sluis by die Vaaldam oopgemaak is. Eyewitness News berig alhoewel die weer vir eers bedaar het, neem plaaslike inwoners nie kanse nie. Volgens ‘n inwoner is haar vakansiehuis reeds opgeruim en moet sy nog net haar boot gaan haal voor toestande vererger. Die Sedibeng-distriksmunisipaliteit sê hul rampbestuurspanne is op 'n hoë gereedheid en waarsku dat die situasie vinnig kan versleg indien dit aanhou reën.

 
 
 

Comments


bottom of page