top of page

Deon en Dattie pak Ironman vir die Vrystaat Nasorgsentrum aan

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Nov 7, 2025
  • 1 min read

Om fondse en bewusmaking vir die Vrystaat Nasorgsentrum in Bloemfontein te skep, sal Deon Barnard en sy broer, Dattie, aan die Ironman 70.3 deelneem.


Die wedloop vind op die 16de November in Mosselbaai plaas.


Luidens ‘n plasing op die sentrum se facebook-blad spruit Danie-hulle se besluit uit ‘n persoonlike terugkeer na gesondheid, beweging en betekenis.


Die voorbereiding was uitdagend, maar deur vasbyt, geloof en toewyding het hulle hul doel bereik.


Dattie is nou 13 jaar kanker-vry en gebruik elke geleentheid om terug te gee.


Vir Deon, wat as voorsitter van die bestuur uittree, is die Nasorgsentrum wat volwassenes met intellektuele gestremdhede ondersteun, baie na aan sy hart.


Besoek gerus die Vrystaat Nasorgsentrum se facebook-blad om die inisiatief te ondersteun.


FOTO: Facebook
FOTO: Facebook


Comments


bottom of page