Departement vra optrede teen tienerswangerskap

May 28, 2025
1 min read
Die Departement van Vroue, Jeug en Persone met Gestremdhede sê tienerswangerskap is ’n nasionale krisis wat dringende aandag en optrede verg. Volgens die departement raak dit gesinne, ontwrig dit onderwys en hou dit jong meisies uit die ekonomie. In ’n verklaring in SAnews sê die departement dit ondermyn ook gesondheid en pogings tot geslagsgelykheid. Die departement het ’n beroep op die publiek, skole, gesondheidswerkers en beleidmakers gedoen om saam te werk aan langtermynoplossings. Volgens hulle is ingryping nodig op die vlakke van gesinsopvoeding, beleid en ondersteuning. Hulle sê alle sektore moet hande vat om tienerswangerskap te keer en die toekoms van jong meisies te beskerm.








Comments