top of page

Derderduisende verdagtes is in hegtenis geneem

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Jan 5
  • 1 min read

Meer as 16 000 verdagtes is die afgelope week tydens die polisie se landswye veiliger feestyd-operasies, in hegtenis geneem.


Dit sluit 939 verdagtes in vir die onwettige handel in drank en meer as ‘n 1 800 verdagtes vir bestuur onder die invloed van alkohol of dwelms.


Verder is meer as 30 000 liter alkohol uit sirkulasie verwyder.


Polisiewoordvoerder, luitenant-kolonel Amanda van Wyk, sê 32 gekaapte en gesteelde voertuie is ook die afgelope week teruggevind.

 

LUISTER HIER:

Amanda van Wyk

Ter illustrasie. FOTO: Facebook
Ter illustrasie. FOTO: Facebook

Comments


bottom of page