top of page

Derduisende mense besoek die Vrystaatse dinosourus-sentrum

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Jan 15
  • 1 min read

 Altesaam 80 000 gaste is al by die Kgodumodumo Dinosourus Interpretasiesentrum in die Golden Gate Highlands Nasionale Park verwelkom.


Die Suid-Afrikaanse Nasionale Parke (SANParke) sé in ‘n mediaverklaring die Vrystaatse sentrum het sedert Oktober 2026 meer as R1 miljoen in inkomste ingesamel.


SANParke voeg by meeste van die besoekers was binnelandse reisigers, hoofsaaklik van die Vrystaat.


Die sentrum versterk nie net die plaaslike ekonomie met verblyfondernemings wat 'n beduidende toename gesien het nie, entrepreneurs by die sentrum het 'n groot toename in verkope gesien.


Daarbenewens kom vier tolkbeamptes by die sentrum uit die plaaslike gemeenskap.


FOTO: Nadia Pieters
FOTO: Nadia Pieters

 

 

Comments


bottom of page