top of page

Derduisende verdagtes is vasgetrek

  • Writer: Nadia Pieters
    Nadia Pieters
  • 5 days ago
  • 1 min read

Die Suid-Afrikaanse Polisiediens het in een week meer as 17 500 verdagtes vir verskeie misdade tydens die landwye Operasie Shanela in hegtenis geneem.


Onder die verdagtes is byna 3 000 gesoekte verdagtes vir ernstige misdade, insluitend moord, roof, verkragting, seksuele aanranding en voertuigkaping.


Beamptes het ook twee verdagtes in Mpumalanga in hegtenis geneem vir korrupsie wat die onwettige uitreiking van leerlinglisensies behels.


‘n Polisiewoordvoerder, luitenant-kolonel Vincent Mukhathi, sê meer as 24 000 liter alkohol is gekonfiskeer om onwettige drankhandel te bekamp.


Ter illustrasie. FOTO: SABC News
Ter illustrasie. FOTO: SABC News


Comments


bottom of page