top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Desiree Liebenberg borgtog geweier in Ponzi-saak

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Nov 22, 2024
1 min read

Desiree Liebenberg se borgtogaansoek is in die Bronkhorst-landdroshof geweier omdat sy as ’n vlugrisiko beskou word. Daily Maverick berig dat sy en haar man, die diamanthandelaar Louis Liebenberg, saam met sewe ander beskuldigdes tereg staan op aanklagte van bedrog, rampokkery en geldwassery. LEES MEER: Getuie onttrek weens ongeruimthede aan Liebenberg-sage Die aanklagte spruit uit ’n beweerde R4-miljard-diamant-Ponzi-skema wat deur Tariomix, ook bekend as Forever Diamonds and Gold, bedryf is. Intussen sal Louis Liebenberg op 25 November 2024 sy borgtogaansoek aanhoor. LEES MEER: Winste van Liebenberg-diamantskema moet moontlik terug betaal word Volgens die staat het Desiree versuim om ’n vaste adres of bankstate te verskaf. Sy word ook as ’n vlugrisiko beskou met toegang tot R200-miljoen wat haar man glo weggesteek het.

 
 
 

Comments


bottom of page