DESTEA heropen hul Bloemfontein-kantoor
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Sep 18
- 1 min read
Herstel en opknapping aan die Vrystaatse Departement van Ekonomiese Ontwikkeling en Toerisme (DESTEA) se hoofkantoor in Bloemfontein is afgehandel. Volgens ‘n kennisgewing van die departement is die verbodskennisgewing wat deur die Departement van Werk en Arbeid uitgereik is, opgehef. Alle personeel van die DESTEA-hoofkantoor is aangesê om Donderdagoggend vir diens by die kantoor aan te meld. Alhoewel dienslewering met minimale onderbrekings voortgegaan het, het LUR Ketso Makume en die senior bestuur van die departement die publiek en belanghebbendes bedank vir die geduld, begrip en onwrikbare ondersteuning.





Comments