top of page

Deveney Nel se moordenaar is gevonnis

  • Writer: Ilde Roos
    Ilde Roos
  • 21 hours ago
  • 1 min read

Die 16-jarige Deveney Nel se moordenaar is in die Kaapstadse hooggeregshof skuldig bevind aan moord en regsverydeling, en ingevolge ʼn pleitooreenkoms reeds gevonnis.


Maroela Media berig die jong man, wat sy aansoek om borgtog in September verlede jaar laat vaar het, het op dié twee klagte en ʼn aanklag van verkragting tereg gestaan.


Volgens ʼn onberispelike bron het die jong man se ma verlede week tot die vonnis ingestem. Die 18-jarige is gevolglik 25 jaar tronkstraf ná die pleit-en-vonnisooreenkoms opgelê.


Daar is gelas dat die beskuldigde se saak in camera aangehoor word, omdat hy ʼn minderjarige was toe hy die misdaad gepleeg het.


Deveney se liggaam is op 7 Augustus verlede jaar ná ʼn sportbyeenkoms in ʼn stoorkamer by Hoërskool Overberg gevind, waar sy en haar moordenaar albei leerders was.


Deveney Nel. FOTO: Maroela Media
Deveney Nel. FOTO: Maroela Media

Comments


bottom of page