Deveney Nel se tienermoordbeskuldigde is geskik verklaar om verhoor te word
- Armando Pieters

- Mar 28
- 1 min read
Die tienermoordbeskuldigde in die Deveney Nel-moordsaak is geskik verklaar om tereg te staan. Volgens Eyewitness News het die Nasionale Vervolgingsgesag bevestig die beskuldigde het 'n psigiatriese evaluasie ondergaan en dat hy as 'n minderjarige verhoor sal word. Hy was onder die ouderdom van 18 toe hy die 16-jarige meisie verlede jaar na bewering met 'n mes op die skoolterrein aangeval het. Die 17-jarige beskuldigde het Nel na bewering verskeie kere met ‘n mes gesteek voordat hy haar liggaam in 'n stoorkamer by Hoërskool Overberg versteek het. Die motief agter die aanval is nog onbekend, en die saak is in die Caledon-landdroshof tot 24 April uitgestel.





Comments