top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Dezzi bly vir eers agter tralies

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Nov 15, 2024
1 min read

Dezzi Liebenberg, vrou van die omstrede diamantsmous Louis Liebenberg, is nié op borgtog vrygelaat nie. Maroela Media berig haar borgtogaansoek is Vrydag in die Bronkhorstspruit-landdroshof aangehoor, maar die hof het bevind dat daar uitstaande, bykomende inligting benodig word, voordat ʼn beslissing gemaak kan word. Louis se regsverteenwoordiger, JP Venter, het aangedui dat hy instruksies het om voorlopig nie met ʼn borgtogaansoek voort te gaan nie, aangesien Liebenberg eers sy vrou se bortogaansoek afgehandel wil hê. Die egpaar staan saam met ander beskuldigdes, op aanklag van onder meer rampokkery, diefstal en geldwassery tereg. Tussen 2021 en 2024, het die beskuldigdes glo saamgesweer om miljoene rande van beleggers in Liebenberg se diamantskema te verduister.

 
 
 

Comments


bottom of page