Dezzi se hoop is nou op die appèlhof in Bloem
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Jul 7, 2025
- 1 min read
Dezzi Liebenberg, vrou van die omstrede diamanthandelaar, Louis Liebenberg, sal haar nou tot die appèlhof in Bloemfontein moet wend as sy verder teen die weiering van haar borgtog wil appelleer. Volgens Netwerk24 sê haar prokureur, Willlie Hills, hulle sal so gou moontlik die dokumente gereed kry en na die hof stuur. Dit volg na die hooggeregshof in Pretoria beslis het dat hulle nie die nodige jurisduksie het om verdere aansoek oor die saak aan te hoor nie. Die Liebenberg-egpaar en nog sewe ander is verlede jaar weens beweerde grootskaalse bedrog met Louise se vermeende Ponzi-skema, Forever Diamonds and Gold, in hegtenis geneem.






Comments