top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Die 11 uur lange kragonderbreking is weer in die kaarte

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • 2 minutes ago
  • 1 min read

Die beplande 11 uur lange kragonderbreking wat vroeër gekanselleer is, kan nou voor die einde van Julie in groot dele van Bloemfontein plaasvind.


Volgens 'n kennisgewing van Bloemfontein se kragverskaffer, Centlec, word die onderbreking vir 23 Julie, of alternatiewelik 30 Julie, tussen 07:00 die oggend en 18:00 die aand beplan.


Instandhoudings- en opgraderingswerk sal dan aan die netwerk gedoen word.


Die onderbreking sal woonbuurte soos Bayswater, Dan Pienaar, Heuwelsig,  Pentagon Park, Rayton, Naval Hill en verskeie ander gebiede raak.


Centlec sê indien die kragtoevoer nie binne 'n uur van die beplande begintyd onderbreek word nie, moet inwoners die kennisgewing ignoreer omdat die werk weens onvoorsiene omstandighede uitgestel is.


Ter illustrasie. FOTO: The Citizen
Ter illustrasie. FOTO: The Citizen

 
 
 

Comments


bottom of page