top of page

Die 2025-matriekklas behaal die hoogste slaagsyfer ooit

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Jan 13
  • 1 min read

Die Matriekklas van 2025 het 'n slaagsyfer van 88% behaal, 'n toename van verlede jaar se 87.03%, én die hoogste ooit in die land se nasionale senior sertifikaat geskiedenis.


Die uitslae is Maandagaand deur die minister van basiese onderwys, Siviwe Gwarube, vrygestel.


Volgens die Vrystaatse Departement van Onderwys het die Vrystaat vanjaar na die tweede posisie afgeskuif met ‘n slaagsyfer van 89.33% - KwaZulu Natal is nou nommer een met 90.8%.


Die department het onderwysers, ouers en die 2025-klas op sosiale media bedank en sê hulle weet die klas het alles gegee.


Siviwe Gwarube. FOTO: News24
Siviwe Gwarube. FOTO: News24


Comments


bottom of page