top of page

Die 2025 NSS-eksamen se integriteit is nie in die gedrang gebring nie

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • 6 days ago
  • 1 min read

Bewerings deur die VF Plus dat die integriteit van die 2025 Nasionale Senior Sertifikaat (NSS) eksamen in die gedrang gebring is, is deur die Departement van Basiese Onderwys van die hand gewys.


Dit kom nadat die departement bevestig het dat sommige van die eksamens uitgelek was, en dat die persoon wat verantwoordelik gevind is, in die Departement van Onderwys se kantore gewerk het.


Die departement se Terence Khala sê die voorval is deur interne beheermaatreëls opgespoor, vinnig ondersoek en deursigtig hanteer.


Hy voeg by amptenare wat met die oortreding verbind word, is geskors, met kriminele en dissiplinêre prosesse aan die gang.


Ter illustrasie. FOTO: Maroela Media
Ter illustrasie. FOTO: Maroela Media

Comments


bottom of page