top of page

Die 2026-begroting blyk optimisties te wees

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Feb 25
  • 1 min read

Die minister van finansies, Enoch Godongwana, het ‘n merkbaar optimistiese begrotingsrede in Kaapstad gelewer.


Moneyweb berig die goeie nuus blyk hoofsaaklik te wees weens die persoonlike inkomstebelastingkerf en mediese belastingkrediete wat vir die eerste keer in drie jaar vir inflasie aangepas is, asook geen groot belastingverhogings nie. Daar sal ook geen verandering in korporatiewe of suikerbelasting wees nie.


Intussen berig Maroela Media vir die heel eerste keer hierdie dekade het die regering ʼn fiskale raamwerk ter tafel gelê waarin skulddienskoste stadiger as die algehele besteding groei.


Dít nadat die rente op staatskuld oor die laaste dekade vinniger as die ekonomie gegroei het en nou ʼn groter deel van die begroting as basiese onderwys, gesondheid of maatskaplike beskerming in beslag neem.


Enoch Godongwana. FOTO: Maroela Media
Enoch Godongwana. FOTO: Maroela Media

 
 
 

Comments


bottom of page