top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Die 3-jarige wat in ‘n boorgat geval het – is uit Pelonomi ontslaan

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Jan 14, 2025
1 min read

Die 3-jarige klein Mpho Pienaar, wat na ‘n 16 uur lange reddings operasie uit ‘n boorgat gered is, is uit die Pelonomi-hospitaal in Bloemfontein ontslaan. Dit was Maandag, volgens Netwerk24, presies ‘n maand sedert die seuntjie in ‘n boorgat op ‘n plaas by Bainsvlei vasgesit het. Terwyl klein Pienaar ontslaan  is  kan hy steeds nie loop nie, en volgens sy Pa sal hy nou fisioterapie by die Universitas-akademiese hospitaal moet kry om hom te help. Mpho se redding sal volgens een van die brandweermanne, Hentie van Vuuren, altyd die grootste en mees unieke reddingspogings van sy loopbaan in die brandweer bly.

 
 
 

Comments


bottom of page