Die 9/11-verhoor begin in 2028
- Saamgestel deur Ilde Roos

- 59 minutes ago
- 1 min read
Die verhoor van die vermeende meesterbrein van die 11 September-aanvalle en sy drie medebeskuldigdes sal na verwagting op 5 Junie 2028 begin.
Khalid Sheikh Mohammed en die drie mans staan tereg op aanklagte in verband met die aanvalle in September 2001 wat byna 3 000 mense se lewe geëis het.
’n Militêre regter van die VSA het beslis dat die verhoor voor ’n militêre tribunaal sal plaasvind.
Mohammed word daarvan beskuldig dat hy die komplot georkestreer het om gekaapte passasiersvliegtuie na die World Trade Center in New York en na die Pentagon te vlieg. ’n Amerikaanse appèlhof het onlangs pleitooreenkomste geblokkeer wat Mohammed en twee van sy medebeskuldigdes die doodstraf sou gespaar het.








Comments