top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Die AA voorspel dat petrolpryse gaan styg

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Dec 19, 2024
1 min read

Januarie is oor minder as twee weke en motorriste kan dalk hoër petrolpryse in die gesig staar. Die Automobielvereniging (AA) het hul voorspelde brandstofprysaanpassings vir dié maand bekend gemaak. Eyewitness News berig volgens AA-woordvoerder, Eleanor Mavimbela, kan petrol tussen 3 en 11 sent per liter meer kos, terwyl diesel met 3 sent per liter kan daal. Sy voeg by dat die die prys van beligtingsparaffien na verwagting met sowat 14 sent per liter sal daal. Hierdie verwagte verlagings word toegeskryf aan laer internasionale produkpryse wat vanaf die einde van die vorige maand waargeneem is. Dit alhoewel die Rand vir die grootste deel van die oorsigtydperk nie goed gevaar het teenoor die Amerikaanse dollar nie.

 
 
 

Comments


bottom of page