Die aantal buitelanders in Suid-Afrikaanse gevangenisse is ‘n bekommernis
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Jul 8, 2025
- 1 min read
Die portefeuljekomitee oor korrektiewe dienste is bekommerd oor die hoë aantal buitelandse burgers in Suid-Afrikaanse gevangenisse. Meer as 13 000 buitelanders is reeds gevonnis, en ongeveer 12 000 wag steeds op hul verhoor. Volgens die komitee kos dit die staat meer as R11 miljoen per dag en hulle vra dat lewenslange vonisse in die lande van die betrokke persone se oorsprong uitgedien word. Hulle versoek ook dat Artikel 73 van die Wet op Korrektiewe Dienste gewysig word om dit moontlik te maak. Die voorsitter van die portefeuljekomitee oor korrektiewe dienste, Kgomotso Ramolobeng, sê die komitee is tevrede dat die departement ingestem het om die wetgewing as deel van hul 2025/26 jaarplan te hersien.






Comments