Die aantal sakevisums en buitelandse sake-eienaars strook glo nie
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Jun 15
- 1 min read
Daar word vrae gevra oor hoe duisende ondernemings in buitelandse besit regoor Suid-Afrika sake doen, terwyl slegs 33 sakevisums gedurende die afgelope boekjaar goedgekeur is.
Volgens Maroela Media het die Departement van Binnelandse Sake in 'n parlementêre antwoord bevestig dat net 204 sakevisums sedert 2020 toegestaan is, waarvan 33 gedurende die 2025/2026-boekjaar goedgekeur is.
ActionSA sê dié syfers stem nie ooreen met die meer as 30 000 buitelandse sake-eienaars wat onlangs hul ondernemings tydens die spaza-winkelregistrasieproses geregistreer het nie.
Die party vra nou op grond waarvan die duisende ander ondernemings sake doen.
Volgens ActionSA dui dit óf daarop dat ondernemings sonder die vereiste visums bedryf word, óf dat daar onvoldoende toesig is om immigrasiewetgewing af te dwing.
Hulle voeg by die publiek verdien duidelike antwoorde oor hoeveel buitelandse ondernemings in Suid-Afrika sake doen en of hulle aan die wetlike vereistes voldoen.








Comments