Die Aarto-stelsel tree vanaf 1 Desember in werking
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Sep 26
- 1 min read
Motoriste regoor Suid-Afrika word gewaarsku om vanaf 1 Desember groter boetes, korter afslagperiodes en baie skerper gevolge te verwag vir die versuim om boetes te betaal.
Business Tech berig dié datum merk die eerste groot uitrol van die Wet op die die Administratiewe Beregting van Padverkeersmisdrywe (of Aarto)-stelsel.
Die stelsel sal in 69 metro’s en munisipaliteite bekendgestel word.
Dit sal gevolg word deur die uitrol van die stelsel in nog 144 munisipaliteite op 1 April volgende jaar, wat eindig met die bekendstelling van die langverwagte stelsel van bestuurs-strafpunte in September volgende jaar.






Comments