top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Die Mangaung-metro vra vir kalmte ná onrus

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • 1 hour ago
  • 1 min read

Die Mangaung-metro vra inwoners om kalm te bly ná onrus en plundering wat met ’n beplande stilstandaksie in dele van Bloemfontein en Botshabelo verband hou.


Volgens ‘n mediaverklaring hou die betogings verband met kwessies rondom buitelandse burgers, taxibedrywighede en dienslewering.


Die munisipaliteit sê hoewel gemeenskappe regmatige kommer oor onder meer werkloosheid, misdaad, swak paaie, behuising en dienslewering mag hê, regverdig dit nie geweld, plundering, intimidasie of die ontwrigting van skole en openbare dienste nie.


Uitvoerende Burgemeester Gregory Nthatisi sê die vernietiging van infrastruktuur en aanvalle op ondernemings benadeel uiteindelik plaaslike gemeenskappe en die ekonomie.


Die munisipaliteit doen ook ’n beroep op wetstoepassingsagentskappe om stabiliteit te herstel en op te tree teen diegene wat by geweld en plundering betrokke is.


Intussen sê polisiewoordvoerder, Lt Kol, Thabo Covane, meer as 140 mense is in hegtenis geneem tydens die onrus en plundering van buitelandse besitde spazawinkels in dele van die metro.


FOTO: Free State World
FOTO: Free State World


 
 
 

Comments


bottom of page