top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Die AARTO-strafpuntstelsel is nog nie van krag nie

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Jul 10
  • 1 min read

Die AARTO-wysigingswet se nuwe bepalings oor padverkeer het op 1 Julie in werking getree, maar motoriste moet daarop let dat die omstrede strafpuntestelsel nog nie van krag is nie.


Business Tech berig kenners sê die strafpuntestelsel en rehabilitasieprogram sal na verwagting eers tydens fase vier van die implementering, wat tans vir 2027 beplan word, in werking tree.


Die implementering van AARTO is oor 'n lang tydperk gefaseer en is deur verskeie hofgedinge vertraag.


Volgens dié stelsel begin alle bestuurders met nul strafpunte, en sodra hulle meer as 15 strafpunte opbou, word hul rybewys geskors. Vir elke punt bo 15 word die skorsing met drie maande verleng, waartydens die persoon nie wettig mag bestuur nie. Verkeersoortredings dra tussen een en ses strafpunte, afhangend van die erns van die oortreding.


FOTO: Freight News
FOTO: Freight News

 
 
 

Comments


bottom of page