Die ACDP wil weet waarom net die Christelike sektor vir regulering geteiken word
- Ilde Roos

- Nov 5
- 1 min read
Die ACDP het bevraagteken waarom die Christelike sektor vir regulering geteiken word, terwyl daar jaarliks dosyne seuns in inisiasierituele sterf, sonder enige behoorlike voorstelle tot dusver om dit aan te spreek.
ACDP-LP Wayne Thring sê hulle het hierdie kwessie geopper tydens ‘n vergadering met die kommissie vir kultuur, geloof en taal (of CRL) nadat hulle kommer uitgespreek het oor pogings deur die CRL-kommissie om die kerk te reguleer.
Thring het tydens die vergadering gesê die CRL-kommissie-afvaardiging het met baie van die punte in 'n brief van die ACDP saamgestem, insluitend die aspek van “selfregulering” of “selfbeskikking” van die kerk.
Thring sê daar is verskeie ander sektore wat nie vir regulering geteiken word nie.



Comments