Trompsburg-man vas ná beweerde moord oor inisiasieskole
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Jul 7
- 1 min read
‘n Man van Trompsburg in die Vrystaat is in hegtenis geneem op aanklag van moord nadat hy na bewering ‘n ander man ná ‘n twis oor inisiasieskole met ‘n mes gesteek het.
Polisiewoordvoerder kapt. Mahlomola Kareli sê die slagoffer is in ‘n taverne gekry en op die toneel deur noodpersoneel dood verklaar.
Volgens Nova News toon voorlopige ondersoeke dat die twee mans in ‘n hewige argument oor inisiasieskole betrokke was.
Die verdagte het toe glo die slagoffer een keer met ‘n mes gesteek.
Die verdagte het homself dadelik aan die polisie oorhandig en hy is in hegtenis geneem.
Kareli sê die ondersoek duur voort.
LUISTER:





Comments