top of page

Seuns vermis ná beweerde ontvoering na inisiasieskool

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Jul 3, 2025
  • 1 min read

'n Groep jong seuns het tydens 'n onwettige inisiasieskool in Mahikeng in Noordwes vermis geraak.

Daar word beweer die 11 seuns is twee weke gelede deur die mense aan die stuur van die inisiasieskole ontvoer.

SABC News berig die polisie se honde-eenheid en gemeenskapslede soek na die seuns, wat tussen die ouderdomme van 12 en 15 jaar is.

Na bewering is hulle na die inisiasieskool gelok.

'n Woordvoerder van die provinsiale komitee wat die inisiasies koördineer sê die hoeveelheid onwettige inisiasieskole neem toe.

'n Totaal van 17 skole is reeds gesluit, en een seun is oorlede.

Die woordvoerder sê mense te voet en te perd, asook hommeltuie, word benodig om na die seuns te help soek.

 
 
 

Comments


bottom of page