Die adjunk-president moet opdok vir sy 'ongevraagde' Liebenberg-diamant
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Aug 1, 2025
- 1 min read
Adjunk-president Paul Mashatile moet 'n boete van R10 000 betaal omdat hy versuim het om ʼn diamant wat hy van die omstrede diamanthandelaar Louis Liebenberg ontvang het te verklaar.
Maroela Media berig die parlement se gesamentlike komitee oor etiek en ledebelange het gister besluit die Nasionale Vergadering moet Mashatile “berispe”.
Mashatile het erken hy het die diamant as ʼn “ongevraagde geskenk” ontvang, maar hy het versuim om dit in die vertroulike deel van sy finansiële en registreerbare belangeregister te verklaar. Mashatile het destyds in ʼn verklaring aangevoer hy het kundiges genader om vas te stel of die steen wel eg is sodat die waarde daarvan vasgestel kon word waarna hy dit sou verklaar.
Hy het later die diamant aan die Nasionale Vervolgingsgesag oorhandig. Volgens berigte is daar vrae oor die wettigheid, oorsprong en sertifisering van hierdie diamant.
Intussen sal Liebenberg se borgtogaansoek na verwagting volgende week in die Bronkhorstspruit-landdroshof aangehoor word.






Comments