top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Die adjunkminister gooi ‘n oog oor Vrystaatse padprojekte

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • 12 hours ago
  • 1 min read

Padinfrastruktuurprojekte in die Vrystaat is Donderdag in die kollig wanneer die adjunkminister van vervoer, Mkhuleko Hlengwa, Bloemfontein besoek.


Hy vergader met die provinsiale Departement van Gemeenskapsveiligheid, Paaie en Vervoer om vordering met padprojekte wat deur die Provinsiale Padonderhoudstoelae befonds word, te bespreek.


Hy sal daarna na Botshabelo vertrek waar hy padprojekte sal inspekteer wat deur die Provinsiale Padonderhoudstoelae en Sanral befonds word.


Die besoek vorm deel van 'n oorsig oor die uitvoering van padinfrastruktuurprojekte in die provinsie, en fokus ook op die uitdagings wat die uitvoering van dié projekte beïnvloed.


Ter illustrasie. FOTO: Parys Gazette
Ter illustrasie. FOTO: Parys Gazette

 
 
 

Comments


bottom of page